google-site-verification: google615c671e1f01d731.html

Pretoria Christen Gemeente is 'n kerkplant vanuit Midrand Christen Gemeente. Midrand is in April 2008 geplant. In Januarie 2014 het Frank de Wet as pastoor aangesluit. In Februarie 2019 het Midrand 15 gesinne saam met pastoor Matt Viljoen en ouderling Hanrias Brink gestuur om 'n gemeente in Pretoria Oos te plant - die gebied waaruit die meeste van daardie gesinne afkomstig is.

WAT ONS GLO

Ons verkondig dat die Bybel die enigste geïnspireerde en foutlose dokument vanaf God aan mense is. Die Bybel is ons outoriteit en ons verbind ons aan sy instruksies en waarhede.

Ons prediking en fokus is gebou op hierdie instruksies en waarhede.

ONTMOET DIE OUDERLINGE

Matt Viljoen

Na Matt se matrikulasie in 1982, studeer hy Veeartsenykunde te Onderstepoort. In 1987 trou hy met Tina, en later is eers Elmien in 1990 en toe Lida in 1992 gebore. Van 1989 tot 1996 werk hy eers as diensplig-veearts en later as Staatsveearts in die Ellisras omgewing.

In 1996 verhuis die gesin na Kent in Engeland waar Matt vir bykans 8 jaar werk in ‘n kleindier praktyk, asook funksioneer as 'n ouderling en prediker in hulle plaaslike gemeente.

In 2003 verhuis hulle na Californië waar hy by Masters’ Seminary studeer en in 2007 sy MDiv graad in Teologie verwerf.

Oktober 2007 keer die gesin terug na Suid Afrika en plant uiteindelik Midrand Christen Gemeente, waar hulle vir 11 jaar dien. In Februarie 2019 is hulle deel van die nuwe kerkplant in Wapadrand, Pretoria, waar hy as ouderling en prediker dien.

Hanrias Brink

Hanrias en Jacolien is woonagtig in Pretora Hulle is in 1997 getroud en geseën met 7 kinders: Clarize (2000), Talia (2003), Larah (2007), Zac (2010), Weber (2012), Tamar (2012), en Daviïd (2018). Hanrias is 'n besigheidsman. Hulle is deel van Midrand Christen Gemeente sedert 2015. 

This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now